Die swaargepantserde trein wat die leier van Noord-Korea, Kim Jong Un vervoer, het volgens die Suid-Koreaanse ministerie van Verdediging, vanoggend die grens na Rusland oorgesteek. Die SAUK berig dit is die eerste maal in vier jaar dat Kim Noord-Korea verlaat het. ‘n Russiese nuusagentskap het ook bevestig dat die trein reeds deur die Khasan-nedersetting in die ooste van Rusland beweeg het. Kim sal in Wladiwostok met die Russiese president, Wladimir Poetin vergader. Volgens berigte het die Russiese regering aangedui dat die samesprekings handel oor moontlike humanitêre hulp aan Noord-Korea. Die Amerikaanse regering glo egter die samesprekings sal fokus op wapensteun vir die Russiese oorlog in Oekraïne.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×