Daniel Wilfred Alberts se saak is na die hooggeregshof oorgeplaas, waarin hy aangekla word dat hy twee lede van die Kimberley-blitspatrollie vermoor het.

Na sy sielkundige waarneming het Alberts gevra om eerder sy eie saak self te behartig, in plaas daarvan om van sy regsverteenwoordiger gebruik te maak.

Volgens Maroela Media is Alberts glo agternagesit nadat hy met ’n gesteelde voertuig van Bloemfontein na Kimberley toe gejaag het.

Hy is gearresteer nadat hy die twee konstabels beweerdelik doodgeskiet het.

Hy staar twee aanklagte van moord, drie van roof met verswarende omstandighede, asook motordiefstal en diefstal in die gesig.

Sy saak is vir 10 Februarie 2025 in Kimberley se hooggeregshof geskeduleer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×