Die Sol Plaatje Munisipaliteit se bestuurslisensietoetssentrum in Kimberley is vandag gesluit nadat die Verkeersbestuurskorporasie se teenkorrupsie-eenheid en die polisie gister sommige amptenare in hegtenis geneem het.

SABC Nuus berig dat vyf mense beweerde vervalste bestuurslisensies uit gereik het.

Die munisipale woordvoerder Thabo Mothibi sê dat nodige reëlings getref word om die gearresteerde personeel te vervang.

Die motorkeuringsentrum sal gesluit wees.

Hulle werk aan reëlings om personeel aan te stel vir die funksies wat deur die gearresteerde amptenare uitgevoer is,
en ons beplan om Maandag weer oop te maak.

Dienste soos motorregistrasies, bestuurslisensies en aansoeke sal dan beskikbaar wees vir die publiek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×