Meer as 116-duisend skoolleerlinge wat nie meer kwalifiseer vir die kindertoelae nie, en reeds 18-jaar oud is, het in 2023 steeds die geld ontvang. Netwerk 24 berig dit kos die staat byna R59 miljoen per maand vir die R510-toelae. Die minister vir basiese onderwys, Angie Motshekga, het die skoksyfer in die parlement bekendgemaak in antwoord op ‘n parlementêre vraag. Motshekga het gesê die inligting oor kindersorg-toelaes word ingevorder as deel van die biografiese inligting oor leerlinge. Landwyd was daar meer as 115-duisend jong mense wat 18-jaar oud wad en wie se ouers en voodge nogsteeds die kindertoelae ontvang het. Die regering het vanjaar 81-miljard-rand begroot vir kindertoelaes aan 27,8 miljoen mense. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×