Die Departement van Gesondheid sê dis belangrik vir die samelewing om bewus te wees van die vroeë waarskuwingstekens van kinderkanker. Dit is om te verseker dat dit vroeg opgespoor en doeltreffend bestuur word om die uitkomste van hierdie siekte te help verbeter.
Die Suid-Afrikaanse Kindertumorregister teken jaarliks meer as eenduisend gevalle van kinderkanker aan. Baie gevalle word egter gemis en gaan geheel en al onbehandel. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê kinderkanker is geneesbaar as dit betyds gediagnoseer en behandel word.