Die oudpolisieman wat sy kinders in 2006 vermoor het, sal nie meer op parool vrygelaat word nie.

Marius van der Westhuizen, destyds waarnemende bevelvoerder van die Claremont-polisiestasie, wat sy drie kinders doodgeskiet het, wou glo sy voormalige vrou straf omdat sy nie na hom geluister nie.

Hy is in 2011 tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis, en sou einde verlede maand, nadat hy 13 jaar uitgedien het, op parool vrygelaat geword het. word. Dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, het egter ingegryp en die besluit om parool toe te staan is nou omgekeer.

Maroela Media berig verder dat, volgens Groenewald, moet Suid-Afrika hom daartoe verbind om die patroolstelsel te hersien om kwesbare lede van die sameleweing te beskerm.

error: Inhoud is beskerm !!