Mendy Sibanyoni, wat na Maya en Karla Dickason omgesien het voordat hul ma, Lauren, hulle vermoor het in Nieu-Seeland in ‘n oomblik van beweerde waansin, sê dat sy vir Lauren sal troos sodra sy terug is in Suid-Afrika.

LEES MEER: Lauren Dickason vertel in polisie-video hoe sy haar kinders doodgemaak het

Netwerk24 berig dat Lauren Dickason se 18 jaar vonnis in September 2027 eindig, waarna sy na haar geboorteland gedeporteer sal word.

Terwyl Dickason onder hofbevel die res van haar vonnis in ‘n psigiatriese hospitaal gaan voltooi, het Sibanyoni begrip vir geestesgesondheidsprobleme.

LEES MEER: Lauren Dickason se vonnis onlok woede 

Sy voeg by dat sy weet dat Dickason nie bedoel het wat sy gedoen het nie en dat sy goed was vir haar kinderoppasser se kinders.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×