Die saak teen ‘n man en vrou, wat glo by ‘n kinderpornografie-verspreidingsring betrokke is, is tot volgende maand uitgestel.

Darren Wilken en Tiona Moodley het in die Randburg-landdroshof verskyn waar die saak, volgens IOL, uitgestel is sodat die twee se woonaddresse geverifieer kan word.

Hulle is dae na mekaar in hegtenis geneem. Die 35-jarige Wilken, is aanvanklik in hegtenis geneem ná die ontdekking van duisende pornografiese video’s en fotos in sy besit.

Intussen toon verdere ondersoeke dat Wilken die video’s en fotos glo wereldwyd verkoop het. Hy staan ook op aanklagte van gesteelde eiendom en oortreding van die dwelhandelwet tereg.

Moodley, ‘n 25-jarige webontwerper, staan ​​op aanklagte van die besit van kinderpornografie en geldwassery tereg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×