’n Onbekende siekte in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) versprei hoofsaaklik onder kinders, en stel ernstig ondervoede mense in gevaar.

SABC News berig dit is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), wat kundiges na die streek gestuur het om die uitbreking te ondersoek. In ‘n verslag het die WGO gesê dat 406 gevalle van die ongediagnoseerde siekte vanaf einde Oktober aangeteken is.

Van die 406 gevalle is 31 mense oorlede. Simptome van die siekte  sluit koors, hoofpyn, hoes, loopneus en lyfseer in.  In die verklaring word ook gesê dat malaria algemeen in die gebied is en tot die gevalle kan bydra.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×