Die 21-jarige man wat van die verkragting en moord op Kirsten Kluyts beskuldig word, sal Kersfees agter tralies deurbring.

Die verdediging het vandag ongeveer ses ure van die Alexandra-streekhof se tyd in beslag geneem om sy borgtogaansoek te staaf.

Hierna het die staat vir meer tyd gevra om op die verdediging se argumente te reageer. Die landdros sal na verwagting volgende week uitspraak lewer.

Vandag was dag vier van die borgtogverhoor wat op 29 Desember voortgesit sal word.

Haar vermeende moordenaar het gister self Kirsten se nadoodse mediese verslag vanuit die getuiebank aan die hof voorgelees.

Hiervolgens was sy ten tyde van haar dood in Oktobermaand, minstens drie maande swanger, en is sy nié voor haar dood verkrag nie.

Die verdagte is eers alleenlik van moord aangekla. Die staat het later verkragting tot die klagstaat gevoeg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×