Famous Brands, die eienaar van onder meer Debonairs, Steers, Wimpy en Mugg & Bean, het vanjaar só swaar getrek dat hy verplig was om sommige van dié bekende kitskosrestaurante te sluit.
Maroela Media berig luidens die groep se jaarverslag is daar besluit om 47 restaurante wat tussen Maart 2023 en 29 Februarie 2024 uiters swak presteer het, te sluit Dit sluit ondermeer 14 Steers-winkels, ses Wimpy’s en vyf Debonairs Pizza-winkels in.
Volgens die groep het ʼn “moeilike verbruikersomgewing” hom tot dié drastiese stappe gedwing. Beurtkrag, het volgens die groep, in die eerste helfte van die jaar sake bemoeilik. Dit blyk wel uit hul jaarverslag dat dit in die tweede helfte van die boekjaar effens beter gegaan het, toe daar heelwat minder beurtkrag was.