Die DA het ‘n formele klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen president Cyril Ramaphosa ingedien.

Hierdie stap is glo geneem vir die president se beweerde rol dat byna vyf miljoen kinders in die land honger ly.

Hierdie syfer word in ‘n verslag van die Nelson Mandela-kinderfonds gemeld.

Die fonds vra nou vir dringende ingryping.

Die DA sê luidens ʼn verklaring hy sal onverpoosd volhou om kwesbare Suid-Afrikaners van alle ouderdomme te help beskerm.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×