‘n Onderwyser van Ficksburg word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, omdat hy na bewering drie kinders met ‘n liniaal pakslae gegee het.

Volksblad berig die beweerde voorvalle het glo vroeër vandeesmaand plaasgevind. Polisiewoordvoerder vir die Vrystaat, adjudant-offisier Christopher Mophiring, sê daar is geen sigbare kneusplekke of beserings aan die leerlinge gevind nie.

Die drie kinders is tussen tien en twaalf jaar oud. Koos van Jaarsveld het hom aan die polisie oorgegee toe hy van die bewerings teen hom bewus geword het. Hy is Woensdag op waarskuwing vrygelaat, en moet aanstaande maand weer in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×