‘n Argument het skynbaar daartoe aanleiding gegee dat ‘n klant, ‘n supermark-werker in albei bene geskiet het. Kolonel Robert Netshiunda van die polisie in KwaZulu-Natal, sê die werknemer en ‘n sekuriteitswag van ‘n nabygeleë taxistaanplek in Sundumbili, het glo in ‘n argument betrokke geraak.
Die sekuriteitsbeampte het blykbaar die supermark verlaat, net om kort hierna terug te keer, en die werker na bewering in albei bene te skiet. Die verdagte het op die vlug geslaan, en is nog nie opgespoor nie. ‘n Vuurwapen is later by sy woonplek gevind.
Die supermark-werker se toestand word as kritiek bestempel. ‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.