Klaskamers by die Lancea Vale Secondary School in Eldorado Park het aansienlike skade na ‘n brand wat in die vroeë oggend ure Woensdag uitgebreek het.

Dit, etlike dae nadat ‘n leerling by dieselfde skool met ‘n mes gesteek is. Volgens eNCA is die gevalle vir die Gautengse LUR vir onderwys kommerwekkend en sal hulle nie geweld of bendebedrywighede wat in skole voortduur, duld nie.

Brandbestryders sal ‘n verslag oor die omvang van die skade verskaf, sodat ‘n besluit geneem kan word oor of dit veilig sal wees om met onderrig voort te gaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×