Maropeng Ramokgoa, die minister in die presidensie vir monitering, sê klein, medium en mikro-ondernemings, of KMMO’s, moet die voortou neem om armoede en werkloosheid in die land om te keer.

Volgens Ramokgoa bepaal die Nasionale Ontwikkelingsplan dat daar van KMMO’s verwag word om teen 2030 minstens 90% van die beoogde 11 miljoen werksgeleenthede te skep.

Die departement implementeer blykbaar ook strategieë om volgehoue ekonomiese groei in townships ‘n werklikheid te maak.

Met ‘n werkloosheidskoers van 32,6%, het Suid-Afrika die hoogste werkloosheidsyfer ter wêreld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×