Die hoofsweep van die Nasionale Raad van Provinsies, Seiso Mohai, sal vandag ‘n uitreikprogram vir kleinsake-ontwikkeling in die Vrystaat uitvoer. Die program vind tienuur vanoggend tot eenuur vanmiddag by die Toronto-saal in Welkom plaas. Die geleentheid se tema is die bevordering van kleinsake-ontwikkelingsgeleenthede vir volhoubare bestaan. Die program het ten doel om ‘n inligtingsentrum vir kleinsake-ontwikkeling onder vroue, jeugdiges en voorheen gemarginaliseerde gemeenskappe te skep.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×