Die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, het gesê haar departement het talle versoeke vir bystand van kleinsakeondernemings ontvang.

Dit te midde die voortslepende beurtkrag. Die minister het gesê klein en informele ondernemings misluk as gevolg van deurgaanse kragonderbrekings.

Volgens Ndabeni-Abrahams is beurtkrag besig om klein besighede te vernietig.

Sy sê hulle het verskeie versoeke ontvang vir kragopwekkers om besighede te help.

Intussen het die Suid-Afrikaans Kommunistiese Party, of SAKP, gesê meer kragstasies moet gebou word om die land se krag-krisis op te los.

Suid-Afrika ervaar tans een van sy ergste jare van beurtkrag nog.

Die SAKP het gesê Eskom se kragstasies kan nie alleen elektrisiteit aan die hele land voorsien nie.

Dié party het gesê die regering moet nuwe kragstasies bou om in die vraag na elektrisiteit te kan voorsien.

Fase 2-beurtkrag word nou tussen vieruur smiddae en middernag toegepas.

Dit sal tot môreoggend die stand van sake wees, waarna Eskom na verwagting sy planne vir die res van die week se beurtkrag bekend sal maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×