Die polisie in die Vrystaat het ‘n klopjag geloods na vier verdagtes wat ‘n man in Allanridge doodgeskiet het.

Die oorledene en sy broer was op soek na goud toe vier gewapende mans hulle genader en op hulle geskiet het.

Die saak word ondersoek en die motief agter die moord is onbekend.

Die polisie sê enigiemand met inligting oor die moordverdagtes moet na vore kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×