Die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, se ondersoekdirektoraat het vandag ‘n klopjag op die huis van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die speaker van die Nasionale Vergadering, in Bruma, Johannesburg uitgevoer.

Die NVG se woordvoerder, Mthunzi Mhaga het gesê die klopjag hou verband met ‘n ondersoek teen Mapisa-Nqakula. Netwerk 24 het vroeër berig die speaker het destyds as minister van verdediging en militêre veterane na bewering omkoopgeld van meer as twee-miljoen-rand in die vorm van geskenkpakkies van ‘n diensverskaffer van die weermag ontvang. Mapisa-Nqakula ontken die bewerings van korrupsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×