’n Klopjag vind in 2de Laan in Westdene plaas, wat verband hou met die dood van ’n man wie se liggaam die week in die parkeerarea tussen Kellner- en Zastronstraat in Bloemfontein ontdek is.
Volgens die Vrystaatse Dobbel-, Drank- en Toerisme-owerheid (FSGLTA) is ‘n verdagte wat met die saak verbind word, ‘n werknemer by The Other Venue, in 2de Laan.
LUISTER: Rosestad-nuus se Nadia Pieters is op die toneel
Die polisie, saam met FSGLTA, is besig met die ondersoek om te bepaal of die kuierplek enige oortredings van die bepalings van die Vrystaatse Drankwet 4 van 2024 het.
Die uitslag van hierdie ondersoek sal bepaal watter stappe teen The Other Venue gedoen moet word, al dan nie. Rosestad-nuus het vroeër berig minstens een verdagte is rakende Maandag se moord in hegtenis geneem.
1 Comment
Comments are closed.