Die LUR vir veiligheid en vervoer in die Noord-Kaap, Bentley Vass, sê klopjagte op spazawinkels in Kimberley en omliggende gebiede sal Sondag voortgaan.
SABC-nuus berig amptenare het Saterdag verskeie winkels in Galeshewe gesluit, en een onwettige buitelander is tydens klopjagte in hegtenis geneem.
LEES MEER: Ramaphosa maak stem dik oor spaza-winkels
Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa Vrydagaand verskeie ingrypings aangekondig het nadat honderde kinders landwyd siek geword en minstens 22 dood is, nadat hulle eetgoed vermoedelik by winkels in townships gekoop het.