Gister se eerste dag van die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika se tweedaagse konferensie word beskryf as grootliks suksesvol.
Sewe politieke partye het bymekaargekom om te bespreek hoe hulle moontlik kan saamwerk om die ANC volgende jaar uit die kussings te lig.
Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê dit was ʼn robuuste gesprek, maar ook ʼn eerlike en opregte gesprek.
Hy sê dit wat uit die gesprekke voortvloei, is ʼn bewys dat die partye ooreengekom het dat daar hulp vir die mense van die land op pad is, al is dit ʼn lang pad om te stap.