Kobie Colditz, ‘n musiekonderwyseres en orrelis van Bloemfontein is skielik oorlede toe sy en haar man, Paul Colditz, voormalige uitvoerende hoof van beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, by hulle dogter in Engeland gaan kuier het. Die Volksblad berig Kobie, wat 69 was, is Woensdag in die vroeë oggendure dood skaars ‘n dag nadat hulle in Engeland aangekom het. Paul het gesê Kobie het Dinsdag effens sleg gevoel, maar dat sy steeds lekker saam met haar kinders en kleinkinders gekuier het. Sy het Paul omstreeks drie-uur Woensdagoggend vanuit die badkamer geroep waar hy haar in ‘n sit-lê posisie op die vloer aangetref het. Volgens hom het dit gelyk asof sy naar was. Sy het kort Hierna ineengestort en het nooit weer haar bewussyn herwin nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×