Kobus Wiese het vir die eerste keer met die openbaar gepraat sedert hy verlede week ‘n massiewe hartaanval oorleef het

Die voormalige Springbok Kobus Wiese het vir die eerste keer met die openbaar gepraat sedert hy verlede week ‘n massiewe hartaanval oorleef het.

Die 56-jarige slot is na die hospitaal gehaas waar hy ‘n prosedure ondergaan het om ‘n intravaskulêre stent in ‘n nou aar te laat plaas.

Wiese het Maandag in ‘n onderhoud met CapeTalk gesê hy was bang, maar dit gaan nou beter met hom.

Wiese het erken hy dra ‘n paar kilos te veel saam met hom, maar het ook gesê die hartaanval was nie weens sy gewig nie, maar eerder ‘n aar wat aan die binnekant ‘n skeur gekry het.

Dit het gelei tot stadige bloeding wat uiteindelik ‘n bloedklont gevorm het.

Wiese sê hy is dankbaar vir hierdie tweede kans.

Luister na potgooie hieronder