Zizi Kodwa se bedanking as minister van Sport, Kuns en Kultuur, moet ʼn duidelike boodskap aan alle korrupte politici stuur. Dít volgens Tebogo Moaluso, nasionale woordvoerder van Rise Mzansi. Kodwa se bedanking het gevolg, kort nadat hy gister saam met sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, vir beweerde korrupsie in die Palm Ridge-handelshof verskyn het.

Die African Transformation Movement vra op sy beurt vir ʼn deeglike ondersoek na die bewerings teen Kodwa. Aldus die ATM moet korrupsie in alle regeringstrukture uitgeroei word, aangesien dit die basiese beginsels van demokrasie ondermyn. Borgtog van R30 000 elk is aan Kodwa en Mackay toegestaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×