Kgosientsho Ramokgopa, die minister van elektrisiteit, het gister tydens ‘n perskonferensie bekendgemaak dat Koeberg se eenheid twee vandag afgeskakel word om sy stoomontwikkelaars te vervang. Ramokgopa het gesê die vervanging is nodig vir die verlenging van Koeberg se leeftyd met nog 20-jaar. Die huidige lisensie verval in Julie 2024. Maroela Media berig die afskakeling van eenheid twee beteken dat 980 MW vanaf vandag nie op die kragnetwerk beskikbaar sal wees nie. Eenheid twee sal na verwagting weer teen Augustus volgende jaar aangeskakel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×