Koeberg Eenheid 2 het afgegaan weens ‘n stoomlek in sy herverhittingstelsel.
The Citizen berig dit het die nasionale netwerk onder druk geplaas, wat gelei het tot kragonderbrekings.
Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, het gesê die kwessie is opgelos. Intussen ondergaan Eenheid 1 tans geskeduleerde instandhouding as deel van die lewensverlengingsproses.
Die Nasionale Kernreguleerder het in Julie verlede jaar aan Eskom ‘n lisensie toegestaan om Koeberg Eenheid 1 vir nog 20 jaar tot die netwerk te laat bydra.
Aangesien Eenheid 2 in ‘n soortgelyke toestand as Eenheid 1 is, is versoek om sy bedrywighede met nog 20 jaar te verleng.
Eskom wag op die reguleerder se besluit voordat sy huidige lisensie op 9 November 2025 verval.