Gistraand se koeëlbloedige Mitchellsplein-skietery, waarin drie mense dood, en nog ses ander beseer is, hou waarskynlik met bendegeweld verband. ‘n Groep gewapendes het op ‘n ander groep mans in ‘n taverne losgebrand, voordat hulle te voet op die vlug geslaan het.

Die Wes-Kaapse LUR vir polisietoesig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê daar móét eenvoudig meer polisielede ontplooi word, in brandpuntgebiede waar die risiko vir geweldsmisdaad uiters hoog is. Niemand is sover in verband met gistraand se skietery in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×