‘n 48-jarige senior bestuurder in die Infrastruktuur-afdeling by Mangaung Metro Munisipaliteit is na bewering geskiet terwyl hy van sy werkplek in Mangaung gery het.
Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, Loraine Earle, het hy Donderdag sy kantoor saam met ‘n kollega verlaat, toe ‘n onbekende verdagte die motor genader het en skote na die bestuurder se kant afgevuur het. Vier leë magasyne naby die motor gevind.
Die 48-jarige is op die toneel dood verklaar en sy kollega is vir skok behandel. ’n Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
2 Comments
Comments are closed.