Die Nyanga-polisie ontleed 589 patroondoppies wat versamel is na ‘n bendebaas se begrafnis. Die ongekende hoeveelheid skote wat afgevuur is, is glo meer as wat daar gemiddeld in ‘n maand in die bendegeteisterde gebiede in Kaapstad geskiet word.

Netwerk 24 berig die vreesaanjaende koeëlreën waarin outomatiese wapens en 9-mm pistole gebruik is, het tydens die begrafnis van die bendebaas, Magwala, vroeër vandeesmaand plaasgevind. Dumisani Qwebe, voorsitter van die GPF in Nyanga, sê die skote is afgevuur as deel van ‘n geweersaluut by die bendebaas se huis in Sibinilaan. ‘n Polisiewoordvoerder, Adjudant Joseph Swartbooi, sê die Nyanga polisie ondersoek ‘n saak van die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied. Die verdagtes het van die toneel gevlug.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×