Lede van die Parkweg Misdaadvoorkomingseenheid het ‘n man van Koffiefontein in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is hy Dinsdag vasgetrek nadat inligting ontvang is dat hy op pad was om dwelms aan te skaf vir verspreiding in Koffiefontein.

Die verdagte is deursoek, waar polisie 500 Mandrax-tablette in sy besit gevind het.

Die straatwaarde van die dwelms word op ongeveer R20 000 geskat.

Hy is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van dwelmhandel en sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Dwelms gevind. FOTO: Verskaf
error: Inhoud is beskerm !!