Kokaïen ter waarde van R151 miljoen is Maandag in die Durbanse hawe, versteek tussen pakke vleis, deur die polisie gekry. Die 433 blokke kokaïen is in ‘n verkoelde vraghouer gevind wat glo van Brasilië afkomstig is. Die nasionale polisiewoordvoerder, brig Athlenda Mathe, het aan Netwerk 24 gesê die polisie kon die deurbraak maak tydens een van hulle klopjagte as deel van die voortgesette pogings om die smokkel van dwelms na die land te verhoed. Die ondersoek duur intussen voort. Mathe het gesê dit is die derde klopjag die afgelope twee maande in die hawe wat vrugte afwerp. Gedurende Oktober is kokaïen ter waarde R150 miljoen ook hier gevind. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×