Doeanebeamptes het 47 blokke saamgeperste kokaïen met ‘n straatwaarde van 25-miljoen rand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Ekurhuleni gevind.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê die blokke kokaïen, van sowat vyf kilogram elk, het in ‘n reissak by die lughawe van Sao Paolo in Brasilië af aangekom. Dit was op pad na Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo, maar geen passasier het dit vergesel nie. Die polisie ondersoek die saak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×