Die Middelburgse handelshof het pas die Matshela Koko-korrupsiesaak, wat nagenoeg 2,2 miljard rand beloop, van die hofrol geskrap.

Kragtens die hof se bevindings, was daar onbillike vertragings in die saak teen die voormalige Eskom-hoof en sy medebeskuldigdes.

News24 berig hierdie aksie deur die hof is egter nie ‘n uitspraak van skuld of onskuld nie. Koko is daarvan beskuldig dat hy na bewering probeer het om ‘n Switserse ingenieursfirma, Asea Brown Bovei, te help om ‘n 2,2 miljard rand-kontrak by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga te bekom.

Groot bedrae wat skynbaar met die saak verbind kan word, is glo afgewentel na maatskappye waarby Koko se dogters glo betrokke is.

Koko, sy vrou en stiefdogter, is onder diegene wat in Oktober verlede jaar op aanklagte van onder meer korrupsie, bedrog en geldwassery in hegtenis geneem is, in verband met beweerde betrokkenheid by die 2015-multimiljardrand-kontrak.

Rosestad-nuus het destyds berig die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, het gesê altesaam agt mense is vir hul beweerde betrokkenheid in boeie geslaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×