As deel van hul voortgesette humanitêre en ramphulppogings in die Vrystaat, het die Rooi Kruisvereniging, in vennootskap met die Old Mutual-stigting, komberse en ander noodsaaklikhede aan pasiënte van die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein geskenk.
Dit volg nadat daar ‘n brand vroeër die maand in ‘n deel van die hospitaal onstaan het.
LEES MEER: Pasiënte is ontruim toe ‘n brand by ‘n hospitaal in Bloemfontein uitbreek
Sowat 83 pasiente was ontruim en is by verskeie gesondheidsfasiliteite regtoor die Mangaung Metropolitaanse-area geakkomodeer. Monyatso Mahlatsi, die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, het namens die departement gesê dat die skenkings help met emosionele genesing, en dat die gebaar help om die fondamente waarop die waardes van die departement stewig staan te herstel.