Die parlementêre komitee wat die geskiktheid van advokaat Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer, of OB, ondersoek het, kom vandag byeen om sy voorlopige verslag te onderteken.
Luidens die verslag het die meeste komiteelede bevind sy was onbevoeg om die amp van OB te beklee.
Die voorlopige verslag dui daarop dat sy haar glo aan die volgende skuldig gemaak het terwyl sy as OB gedien het:
● · Beweerde wangedrag in haar ondersoek na die Reserwebank
● · Beweerde wangedrag in die ondersoek na die Vrede-projek in die Vrystaat, en
● · Die beweerde teistering en viktimisering van werknemers in haar kantoor
Mkhwebane sal mettertyd die geleentheid kry om op die bevindings in die voorlopige verslag te reageer.