Parlementslede is ontevrede nadat die Poskantoor se twee reddingspraktisyns nie ’n belangrike vergadering bygewoon het nie.

TechCentral berig die Nasionale Raad van Provinsies se komitee oor ekonomiese ontwikkeling het verwag dat Anoosh Rooplal en Juanita Damons Dinsdag die Poskantoor se reddingsplan sou bespreek.

Hulle het egter verteenwoordigers gestuur en gesê hulle het ander verpligtinge gehad toe die datum verskuif is.

Komiteeleier Sonja Boshoff sê dit lyk asof hulle hul pligte ontduik.

Die Poskantoor is sedert Julie 2023 in sake-redding en wag op ’n R3,8 miljard lening.

Die Tesourie het tot dusver net R150 miljoen goedgekeur – genoeg vir een maand se koste.

Rooplal sê die volle bedrag is noodsaaklik.

error: Inhoud is beskerm !!