Die parlement se komitee oor Korrektiewe Dienste het bevestig hulle sal toesig hou oor die implementering van regstellende aksies teen dié wat by Thabo Bester se ontsnapping betrek word.

Eyewitness News berig die komitee het Dinsdag vergader om regsadvies oor die hantering van die Openbare Beskermer se verslag oor Bester se ontsnapping by die Mangaung Korrektiewe Sentrum te ontvang.

Die verslag het bevind daar was “onnodige vertraging” in die hantering van die saak. Komitee-voorsitter, Anthea Ramolobeng, sê die komitee sal verseker die departement kom die regstellende aksies na, insluitend ‘n ontsnappingvoorkomingsstrategie en ‘n anonieme antikorrupsieverslagstelsel.

Die komitee het ook verklaar die departement moet eers aan hulle rapporteer voordat dit aan die Openbare Beskermer verslag doen, waarna die komitee hul aanbeveling sal maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×