Die Parlement se Elektrisiteit- en Energiekomitee het die minister van elektrisiteit gevra om die prysbeleid vir elektrisiteit te hersien.

Volgens SABC News meen die komitee die huidige beleid help nie genoeg om arm gesinne teen hoë tariewe te beskerm nie.

Eskom se direkte kliënte betaal sedert 1 April byna 13% meer vir elektrisiteit, en munisipale kliënte kan in Julie ’n styging van meer as 11% verwag.

Die komitee sê die nuwe beleid moet elektrisiteit vir arm mense meer bekostigbaar maak.

Die beleid is reeds onder hersiening as deel van breër elektrisiteitshervormings.

Die komitee hoop dit sal tot beter beskerming vir arm verbruikers lei.

error: Inhoud is beskerm !!