Daar is ‘n Afrika-kommandowurm uitbraak in die Vrystaat.

So sê die Departement van Lanbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake.

Luidens ‘n mediaverklaring van dié departement kom die wurms in digte kolonies in gras areas en weiding voor.

Volgens die departement is daar reeds 31 gevalle van die plaag die afgelope twee dae in verskeie dele van die provinsie aangemeld, én dit wil voorkom of hulle ook na die Boshof-area versprei.

Die oorsaak van die uitbraak is nog onbekend.

Vee-eienaars word versoek om diere uit die geaffekteerde weivelde te verwyder sodra die wurms opgespoor is, asook om die staatsveearts of hul plaaslike dieregesondheidstegnikus dringend daarvan in kennis stel.

error: Inhoud is beskerm !!