Kommer bestaan oor die haglike toestand in die omgewing van Hilton, Bloemfontein

Die haglike toestande waarin dele van Hilton tans verkeer, word deur die inwoners self geskep.

Dit is die mening van DA-raadslid Pieter Lotriet, oor al die onwettige stortingsterreine en stowwe soos olie en vet wat in stormwaterslote beland.

Volgens John Annandale, ‘n sakeman in Glenweg, word daar by die voertuig-werkswinkels toegelaat dat olie in die strate afloop.

Olie, water en vullis win die strate, beland in die stormwaterafvoerpype en vereger die besoedeling verder.

Lotriet het bevestig dat Anna Maile van die Bloemfontein metro se direktoraat vir onwettige storting, die gebied, asook dele van Navalsig en Noordhoek saam met hom besoek het, en onderneem het dat daar iets aan die saak gedoen sal word.

Luister na potgooie hieronder