Die Federasie vir Suid-Afrikaanse Skolebeheerliggame, of Fedsas, het gister sy kommer uitgespreek oor tekens van moontlike intimidasie van onderwysers en manipulasie van openbare konsultasieprosesse oor die Bela-wetsontwerp.

Maroela Media berig openbare sittings word tans landwyd gehou om die gemeenskap se insette te kry oor beplande wysigings aan die Skolewet.

Volgens Fedsas se uitvoerende hoof, Jaco Deacon, lyk dit egter nou of amptenare in minstens een onderwysdistrik in die Oos-Vrystaat reeds die proses begin manipuleer deur opdragte aan skole te gee wat teen demokratiese prosesse indruis.

Deacon het gesê die Thabo Mofutsanyana-distriksdirekteur het in ’n skrywe opdrag aan skole gegee dat slegs die skoolhoof en beheerliggaamvoorsitter van elke skool die openbare sessie hierdie naweek in Phuthaditjhaba mag bywoon.

Deacon het gesê die parlementêre proses is deel van die demokratiese stelsel van openbare deelname sonder enige beperking en dat niemand die reg het om te sê wie daar mag wees of nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×