Die Europese Unise se hoof van buitelandse beleid, Josep Borrell, het gister sy kommer uitgespreek dat Libanon by die streekskonflik van die Israelse oorlog met Hamas ingesleep kan word. Borrell wat op besoek aan Libanon was, het volgens Reuters gesê dit is van uiterste belang dat ‘n uitbreiding van konflik na die Midde-Ooste gekeer moet word. Hy het Israel gewaarsku dat niemand gaan wen in ‘n streekskonflik nie. Borrell het ‘n nuuskonferensie saam met die LIbanese eerste minister, Najib Mikati, gehou na samesprekings met senior regeringsbeamptes oor die situasie in Gaza en die impak van die oorlog langs die Israeli-Libanese grens.