Die DA het kommer uitgespreek ná die besluit deur die direkteur van Openbare Vervolging in Limpopo om niemand in die Phala Phala-skandaal te vervolg nie. Die party het gister aan die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batohi, geskryf om die besluit te hersien.

Die DA se Glynnis Breytenbach sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet ook die besluit voor die parlement se komitee vir Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling verduidelik.Bewyse soos kringtelevisiebeeldmateriaal en selfoonrekords het verdagtes verbind met die inbraak by president Cyril Ramaphosa se plaas en finansiële ongerymdhede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×