Groot kommer heers oor aardskuddings in die suide van Johannesburg. Gisteroggend is ‘n skudding van 2,5 aangeteken in die omgewing van die Mooifontein-uitskotdam, terwyl Saterdag s’n naby Nasrec die Richterskaal by 2,3 laat draai het.

Eldridge Kgaswane, hoofwetenskaplike by die Raad vir Geowetenskap, sê aan EWN dat onwettige mynboubedrywighede nie tans as rede vir die skuddings uitgesluit kan word nie. Hy voeg wel by dat die voorlopige ondersoeke daarop dui dit onwaarskynlik is. Die raad sê hy hou die gebied baie fyn dop, veral omdat die jongste twee skuddings binne die bestek van slegs twee dae plaasgevind het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×