Kommer heers skynbaar oor oudpresident Jacob Zuma se gesondheid, nadat hy tydens ‘n veldtog vir die uMkhonto weSizwe-party ineengestort het. Die mees onlangse ineenstorting is glo slegs een van ‘n aantal mediese voorvalle wat op die broosheid van die 82-jarige Zuma dui.

News24 het betroubaar verneem dat Zuma se swak gesondheid ‘n bron tot kommer vir sy dokters is. Nhlamulo Ndhlela, MK-partywoordvoerder, ontken egter dat Zuma ongesteld is. Ndhlela sê aan News24 daar steek ook geen waarheid daarin dat die oudpresident se gesondheid by die huis deur dokters gemonitor is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×