Daar heers wêreldwyd ʼn kommer oor die toekomstige prys van rys. CNN berig dit volg nadat die Indiese regering ʼn tydelike verbod op die uitvoer van rys geplaas het. Die land voer jaarliks sowat 22 miljoen ton uit. Die verbod is op witrys en gebreekte rys, maar sluit basmati en stoombehandelde rys uit. Stoombehandelde rys is een van die algemeenste vorme van rys wat Suid-Afrikaners koop en die verbod behoort dus nie die beskikbaarheid van rys in die land te beïnvloed nie. Daar is wel ‘n vrees dat dit ryspryse gaan opjaag. Volgens Wandile Sihlobo, ekonoom van Agbiz, verteenwoordig die rys wat nie meer uitgevoer mag word nie sowat 45% van Indië se uitvoer van die stapelvoedsel. Sihlobo glo egter dat Suid-Afrika mettertyd die impak van die verbod sal voel deur ‘n styging in ryspryse. Suid-Afrika is die elfde grootste invoerder van rys, sowat een miljoen ton per jaar. Die meeste rys word uit Thailand uitgevoer, nagenoeg 74% en 21% uit Indië.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×