Die Automobiel Assosiasie waarsku dat konflik in die Midde-Ooste ook uitkring na brandstofpryse in Suid-Afrika. Die jongste ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds dui op nóg ‘n petrolprysstyging aanstaande maand.

Dit sal die vierde opeenvolgende styging sedert die begin van die jaar wees. Daar is vroeër berig dat die prys van petrol in Meimaand met tussen 37 en 38 sent per liter kan styg. Die verwagting bestaan dat diesel ongeveer 35 sent per liter minder kan kos.

‘n Daling van om en by 28 sent per liter word vir paraffien verwag. Aan die hand van data wat deur die AA bygehou word, is die petrolprys nou reeds op sy hoogste vlak sedert 2022.

error: Inhoud is beskerm !!