Die Britte se koning Charles die derde vier vandag sy 75ste verjaarsdag. Soos dit ‘n koning op sy verjaarsdag betaam, is sy dagboek propvol feesgeleenthede.
Daar is ook vanaand ‘n privaat-ete vir vriende en familie, by sy Londen-huis. Hoewel die gastelys vir dié ete nie algemene kennis is nie, gons dit in die media oor prins Harry en Meghan Markle.
Koning Charles se vervreemde seun en sy vrou sal glo nie vanaand by die verjaarsdagtafel aansit nie. Die paartjie se woordvoerder sê dit is nie waar dat Harry en Meghan ‘n uitnodiging van Koning van die hand gewys het nie.
Die twee is luidens die woordvoerder nooit in verband met die verjaarsdagvieringe gekontak nie.